SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1A practical-theological perspective on the act of making ecclesiastical resolutions - exploration and normative points or view índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    Resumo

    BORNMAN, Mathys J.. Die invloedsverlies van die kerk as geloofsgemeenskap op Christen adolessente se besluite rondom seksualiteit. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

    Baie Suid-Afrikaanse adolessente is seksueel aktief, ten spyte van wat hulle geloofsgemeenskap se lering oor seksuele aktiwiteite is. Daar kan nie 'n onderskeid gemaak word tussen die seksuele aktiwiteite van adolessente wat aan 'n geloofsgemeenskap behoort en adolessente wat nie aan 'n geloofsgemeenskap behoort nie. Hierdie studie argumenteer dat die rede vir hierdie tendens die verlies aan invloed is wat die geloofsgemeenskap op die besluitnemingsraamwerk van adolessente het met betrekking tot seksuele aktiwiteite. Deur die gebruik van deelnemerobservasie-navorsing as metodologie het adolessente deelnemers aan hierdie studie die inligtingsbronne wat adolessente oor seksuele aktiwiteite gebruik, geïdentifiseer asook die boodskappe wat hierdie bronne deurgee. Na aanleiding van hierdie data, binne die konteks van reeds bestaande literatuur, word die afleiding gemaak dat die kerk, as 'n geloofsgemeenskap, nie meer 'n invloed het op adolessente se seksuele aktiwiteite en hulle besluite daarrondom nie. Hierdie bevindings word binne die konteks van adolessensie as ontwikkelingsfase asook die ontwikkeling van moraliteit geplaas.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )