SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    Resumo

    SNYMAN, Andreas H.. Nie-egte vrae in 1 Korintiërs 5-6. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-8. ISSN 2305-0853.

    In tradisionele grarnmatikas en kommentare word gewoonlik net onderskei tussen egte en retoriese vrae. In hierdie artikel word nie-egte vrae geklassifiseer aan die hand van 'n model wat ontwikkel is uit die taalhandelingsteorie. In plaas van alle nie-egte vrae as retoriese vrae te beskou (soos die meeste kommentators doen), maak die model voorsiening vir ses hoof- en verskeie subkategorieë van nie-egte vrae. Die model word kortliks opgesom, gevolg deur 'n sistematiese ondersoek van al die vrae in 1 Korintiërs 5-6. Die slotsom is dat die voorgestelde model nuttig is vir die onderskeiding van verskillende soorte nie-egte vrae binne 'n wetenskaplike raamwerk en vir die bepaling van hulle kommunikatiewe funksies. Op dié wyse word 'n bydrae gelewer tot die vertaling en eksegese van die betrokke gedeeltes. Die model behoort navorsing oor die rol van nie-egte vrae in al Paulus se briewe te stimuleer.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )