SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2The Holy Spirit and preaching in the service índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    Resumo

    KOMMERS, J. (Hans). Grootsheid en stryd: Die dinamiese werking van die Gees in die Gereformeerde Kerke van Nederland. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-6. ISSN 2305-0853.

    In hierdie artikel word die teenwoordigheid en werking van die Heilige Gees in die Gereformeerde Kerke van Nederland bespreek. Die hoofstroomkerke het met baie uitdagings te kampe gehad tydens die eerste dekade van die 21ste eeu. Baie mense het hierdie kerke verlaat sonder om enige verdere interne kontak daarmee te hê. Was dit vir hulle nodig om elders na spiritualiteit te gaan soek? Die outeur is daarvan oortuig dat die Here nie sy kerk verlaat het nie. Die volgende vraag is relevant: Op watter wyse werk die Gees vandag? Hierdie vraag is belangrik, aangesien daar 'n hernude soeke is na die wese en krag van die Heilige Gees. Binne die groot tradisionele gereformeerde kerke hoop en verwag 'n mens om spirituele herlewing te sien. Die sleutelplan wat die Protestantse Kerk van Nederland (PKN) se sinode in 2009 bekendgestel het vir die oplewing in sending, wys dat die kerk wil terugkeer na sy kerntaak. 'n Toekomsblik op die dinamiese werk van die Heilige Gees in hierdie eeu dui op die grootsheid van die werk van die Heilige Gees tot dusver en dat ons die stryd moet verskerp om nie te verloor wat ons tans het nie.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )