SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1A model for content analysis of sermons on poverty and to the poor as listenersChallenges of a wellness ministry to churches índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    Resumo

    BUITENDAG, Johan. Is die ortodoksie se verstaan van die sondeval belemmerend vir die gesprek tussen teologie en natuurwetenskap?. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-10. ISSN 2305-0853.

    In hierdie artikel is betoog dat die Gereformeerde Ortodoksie se begrip van die sondeval 'n belemmering was vir die gesprek tussen teologie en natuurwetenskap. Die rede hiervoor was dat dit ten eerste 'n bepaalde verstaan van liniêre tyd nahou en ten tweede dat dit 'n bonatuurlike ingryp veronderstel het. Albei hierdie aspekte het die debat onnodig problematiseer. Die argument is ontwikkel deur eerstens die probleem te definieer, gevolg deur 'n uiteensetting van die standpunte van Augustinus en Calvyn onderskeidelik oor die sondeval. As 'n heuristiese sleutel is die konsepte van infralapsarisme en supralapsarisme aangewend om die tema te ontleed. Die artikel is afgesluit met die oortuiging dat die imago Dei 'n beliggaamde menslike persoon is wat biologies in die geskiedenis in terme van selfbewussyn en morele verantwoordelikheid ontluik het.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )