SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    Resumo

    PIETERSE, H.J.C.. Die noodsaak van die verrekening van metateoretiese aspekte rakende 'n hermeneutiese benadering tot die Praktiese Teologie. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.4, pp.719-738. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel vorm deel van die projek "Metateoretiese vertrekpunte in die Praktiese Teologie". Binne die teologiese raamwerk van die projek, naamlik dat ons die werklikheid sien as God wat daarin werksaam is en ook die interpretasie van die praksis vanuit ons teologiese invalshoek benader, handel hierdie artikel oor 'n benadering tot die interpretasie van die praksis, wat deur ons as 'n hermeneutiese moment gesien word. Tans bestaan daar onder andere die empiriese, hermeneutiese, bevrydings-teologiese en narratiewe benaderings tot die Praktiese Teologie. Die outeur het gekies om vanuit reformatories-teologiese perspektief die hermeneutiese benadering tot die vak te bespreek. Die wetenskapsfilosofiese teorieë oor die hermeneutiek, en die hermeneutiese benaderings tot die Praktiese Teologie van Browning, Dingemans, Heitink en Osmer word bespreek. Die gevolgtrekking is dat ons vanuit 'n reformatoriese perspektief krities by Osmer se benadering kan aansluit.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )