SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número2-3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    Resumo

    LOTTER, G.A.  e  HOEPFNER, H.G.. Die pastorale begeleiding van die aangenome kind met betrekking tot die Vaderskap van God. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.551-568. ISSN 2305-0853.

    In hierdie artikel word die betekenis van die Vaderskap van God by aangenome kinders ondersoek en ook hoe hulle pastoraal daarin begelei kan word. Die voortgaande debat oor aangenome kinders en spesifieke kwessies by aangenome kinders soos identiteit, verwerping en verlies word bespreek. Verder word die vaderbeeld wat aangenome kinders van onderskeidelik die biologiese vader en die aanneemvader het, ondersoek, gevolg deur 'n bespreking van hoe die aangenome kind se beeld van God moontlik beïnvloed kan word deur die beeld van 'n aardse vader. Riglyne vir pastorale begeleiding tot 'n gesonde opvatting oor die Vaderskap van God en die vorming van identiteit, asook die hantering van verwerping en verlies, word gegee. Die artikel sluit af met enkele gevolgtrekkings.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )