SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número1Preaching as reframing of perspectiveA model for content analysis of sermons on poverty and to the poor as listeners índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    Resumo

    NELL, I.A.. Calvyn as "praktiese teoloog": Die bydrae van 'n teodramatiese paradigma. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.1, pp.97-120. ISSN 2305-0853.

    Om te vra na die rol en plek van 'n spesifieke dissipline (in hierdie geval Praktiese Teologie), moet 'n mens 'n goeie idee hê waar jy vandaan kom. Hierdie artikel poog om die vraag na die rol van Praktiese Teologie binne die veld van teologie te beantwoord in gesprek met sekere perspektiewe van die sestiende-eeuse hervormer, Johannes Calvyn. Daar word geargumenteer dat Calvyn in 'n eeu geleef het wat deur geleerdes gereken word as een van die goue periodes waarin die wêreld van kuns en teater hoogty gevier het. Calvyn se eeu is veral gekenmerk deur 'n dramatiese visie op die menslike bestaan en hierdie visie het ook 'n impak op sy denke gehad. Teen hierdie agtergrond tree hierdie artikel in gesprek ten opsigte van die rol en plek van praktiese teologie deur 'n teodramatiese benadering voor te stel. Dit is 'n benadering waarin die gedagte van 'n "herdramatisering" van die wêreld voorgestaan word.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )