Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
OLIVIER, Antoinette e POTGIETER, Hetta. "Create music that will open a person's heart": A perspective on emotional and social wellbeing as depicted in three films. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.4, pp.1-8. ISSN 2304-8557. https://doi.org/10.19108/koers.80.4.2244.
Die gebruik van musiek in films is 'n besonder kragtige wyse om spesifieke temas of boodskappe uit te lig. Filmmusiek verskaf ook 'n agtergrond vir wat die kyker in besondere tonele of gebeurtenisse deur die ondervindinge van die spelers beleef. Alhoewel heelwat emosies of situasies wat in films uitgebeeld word, fiktief is, kan die kykers as gevolg van hul eie lewenservaringe hulle daarmee vereenselwig. Die drie films wat in hierdie artikel ondersoek word, As it is in Heaven, Les Choristes en Harmony, wys dat sang as wyse kan dien om uitdrukking aan emosionele en sosiale welstand te gee wanneer verskillende uitdagings in die lewe n mens in die gesig staar. Die betekenis van groepsang, die verwantskap tussen sang en welstand sowel as die kommentaar van kongresgangers en die interpretasie van sekere lirieke word in hierdie kwalitatiewe navorsingsartikel bespreek. Die voorafgaande aspekte word met die "verruiming-en-bou"-model van positiewe emosies verbind.
Palavras-chave : welstand; positiewe ervaringe; groepsang; As it is in Heaven (2004); Les Choristes (2004); Harmony (2008); verruiming-en-bou"-model.












