SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número3Connected leadership: Jeremiah 8:18-9:3 - a case studyLeadership and power índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Koers

    versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X

    Resumo

    ELOFF, Cecile; OOSTHUIZEN, Izak J.; WOLHUTER, Charl C.  e  VAN DER WALT, Johannes L.. Bydraende faktore tot leerderdissiplineprobleme: 'n Multiveranderlike analise. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp.1-7. ISSN 2304-8557.

    Tot op hede was navorsers geneig om elkeen van die oorsaaklike of bydraende faktore tot leerderdissiplineprobleme in skole afsonderlik van mekaar te benader. Hierdie artikel het oor navorsing rakende die teoreties-regverdigbare samevloeiing van hierdie faktore rakende dissiplineprobleme in klaskamers gerapporteer. Graad 9-leerders en hulle opvoeders (onderwysers) het vraelyste voltooi waarin hulle op 'n semantiese differensiaalskaal moes aantoon tot watter mate hulle meen elkeen van die 36 moontlike oorsake 'n rol speel in die voorkoms van dissiplineprobleme in hulle skool. Roetinefaktoranalise het aan die lig gebring dat veral sewe faktore 'n bydrae lewer tot wangedrag in hulle besondere skool, naamlik sosiale probleme in die gemeenskap, ouers se invloed op die leerders se gedrag, die gesag van die opvoeder, demokratiese deelname van die rolspelers aan die skoolbestuur, die skoolstrukture as 'n invloed op die voorkoms van leerderwangedrag, asook fisiese geremdhede en psigologiese gestremdhede.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )