Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
JACOBS, Anne C. Spiritualiteit: Geskiedenis en hedendaagse ontwikkelinge: 'n Evaluering. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.1, pp.00-00. ISSN 2304-8557.
Spiritualiteit word 'n toenemend populêre konsep, beide in die media en in akademiese literatuur. Dit is belangrik om op te merk dat daar 'n groot verskil is tussen die oorspronklike konsep van spiritualiteit, wat op 'n Bybelse siening gegrond was, en baie van die hedendaagse persepsies daarvan. In die meeste gevalle word spiritualiteit tans beskou as iets wat van enige spesifieke godsdiens asook spesifieke aansprake op waarheid geskei is. Daar kan wel gestel word dat spiritualiteit vandag as 'n universele menslike eienskap beskou kan word. Hierdie tendense word geëvalueer deur die konsep in die oorspronklike Bybelse konteks te bestudeer en deur die ontwikkeling van die skeiding tussen godsdiens en spiritualiteit te verstaan.











