SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 número3Institutional identity: A possible solution to the religion in/and education quandaryThe informatisation of our image of the human being índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

VAN DER WALT, B.J.. 'n Uitwysing van filosofiese landmyne by die Sinode van Dordt (1618-1619): Gereformeerde Skolastiek heroorweeg. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.3, pp.505-538. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel ondersoek die fenomeen van die gereformeerde Skolastiek (van ongeveer 1550-1700) soos dit ook na vore gekom het tydens die Sinode van Dordt (1618-1619) en in die Dordtse Leerreëls. Dit fokus meer spesifiek op die sentrale probleem by die Sinode, naamlik die verhouding tussen God en mens soos dit tot uitdrukking kom in die Sinode se Leerreëls oor goddelike verkiesing en verwerping. Ter illustrasie word die standpunte van twee van die leidende figure in die stryd tussen die Calviniste en die Remonstrante, naamlik dié van Gomarus (1563-1641) en Arminius (1560-1609), filosofies geanaliseer. Hoewel die Sinode uiteindelik nie een van hierdie twee teoloë se standpunte aanvaar het nie, reflekteer hulle teologieë die skolastieke filosofie van destyds. Hierdie analise word gedoen volgens die probleem-historiese metode soos ontwikkel deur D.H. Th. Vollenhoven (1892-1978), een van die vaders van 'n Christelike filosofie. Hierdie artikel (in 'n reeks van ander navorsingsartikels, vgl. 1.2.6 en die bibliografie) bied die outeur se finale evaluering van die Sinode en sy Leerreëls.

Palavras-chave : Arminius, J. (1560-1609); Christelike filosofie; gereformeerde Skolastiek/Ortodoksie; God-mens verhouding; Gomarus, F. (1563-1641); Sinode/Leerreëls van Dordt; Vollenhoven, D.H. Th. (1892-1978).

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons