SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número1-2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Koers

    versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X

    Resumo

    DE FREITAS, S.. Geloof en regsfilosofie: 'n begripsmatige raamwerk vir Christelike vakkundigheid in voorgraadse regsopleiding. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.43-65. ISSN 2304-8557.

    Regsopleiding in Suid-Afrika het by 'n diskursiewe tydstip gekom wat duidelikheid vereis oor wat die "doel" van regsopleiding behoort te wees. Debat oor die doel van regsopleiding, meer spesifiek vir die Christen-regstudent, word veral belangrik in 'n nuwe samelewing wat oorheers word deur positivisme, materialisme en pragmatisme. Met spesifieke verwysing na die voorgraadse Christen-regstudent, maak hierdie artikel dit eerstens duidelik dat die doel van regsopleiding die koestering van die student se geloof behoort in te sluit - geloof wat sy/haar grondliggende perspektief(we) oor die werklikheid omvat. Tweedens, ten einde die behoorlike koestering en ontwikkeling van die Christen-regstudent se geloof moontlik te maak, word die belangrikheid van die onderrig van regsfilosofie duidelik gemaak. In hierdie verband word voorstelle wat spesifiek verband hou met maniere waarop sodanige koestering en ontwikkeling van die voorgraadse Christen-regstudent se grondliggende geloof bereik kan word, gepostuleer.

    Palavras-chave : Christelike onderwys; regsfilosofie; regsopleiding; universiteit.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )