SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    De Jure Law Journal

    versão On-line ISSN 2225-7160versão impressa ISSN 1466-3597

    Resumo

    BEKKER, J.C  e  KOYANA, D.S. Regterlike en Wetgewende Hervorming van Gewoonteregtelike Erfopvolging. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.3, pp.568-584. ISSN 2225-7160.

    Die inheemse erfreg was gebaseer op die grondslag dat die manlike eersgeborene die oorledene se erfgenaam is. Die Konstitusionele Hof het dit ongrondwetlik verklaar omdat dit teen vrouens en kinders van die oorledene diskrimineer. Die hof het dus gelas dat alle intestate boedels moet vererf ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging. Weens die verweefdheid van die inheemse familiereg met die erfopvolgingsreg was die wetgewer verplig om die reels van die intestate erfopvolging te versoen met sekere familieregtelike gebruike. Die uitkoms was die "Reform of Customary Law of Succession and Regulation of Related Matters Act. In hierdie artikel wys die skrywers op sekere ongerymdhede in die Wet en dat sommige bepalings nie prakties uitvoerbaar is nie.

            · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )