SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 número4Towards technological awareness and wisdomThe impact of the moratorium on the regulation governing vehicle height restriction: a South African high cube container case índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    South African Journal of Industrial Engineering

    versão On-line ISSN 2224-7890

    Resumo

    SERFONTEIN, J.L. et al. Die sheet hydroforming of a complex-shaped aa2024-w aircraft skin panel - from concept to final component. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2021, vol.32, n.4, pp.13-27. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/32-4-2502.

    In die vroeë stadiums vereis produkontwerp 'n meer kwantitatiewe proses om seker te maak dat die simulasiestudie se uitkoms aan die verwagtinge voldoen. Die doel van hierdie studie was om vas te stel of 'n simulasiepakket vir vervaardigingsimulasie die stempelplaat-hidrovorming van 'n aluminiumligering vliegtuigpaneel met 'n komplekse vorm doeltreffend kon evalueer en staaf. Die ru-stuk- en persgereedskap konsepte is digitaal gekonseptualiseer, geëvalueer, en gestaaf met behulp van die konseptualiseringsiklus van die vormingsproses. Omdat dit nie nodig was om verskeie ru-stuk- en persgereedskap konsepte fisies te toets nie, is daar beduidend bespaar deur die gebruik van 'n hulpbron-doeltreffende ontwikkelingsproses. Selfs sonder die modellering van die hiperelastiese rubberelemente kon n suksesvolle hidrovormingsimulasie-uitslag behaal word. Die studie het egter getoon dat n rubber-op-metaal-wrywingskoëffisiënt toepaslik geïnkorporeer moet word. Die studie dui op die gebrek aan standaard metrologiemetodes vir die akkurate evaluering van n simulasie-uitslag in kommersiële simulasiepakkette. Simulasie-metrologie is n nuwe belangstellingsgebied wat verder ontwikkel moet word. Die navorsing dra by tot die verbetering van die simulasieproses van plaatmetaalvorming, en spesifiek die simulasie van die stempelplaat-hidrovormingsproses. Die studie is van nut vir die ruimtevaart- en motorbedryf en bevorder die aanvaarding van digitale vervaardigings-prosesse.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )