SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 número2Applying mixed integer programming for green supply chain managementThe scope of Genetic Algorithms in dealing with facility layout problems índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    South African Journal of Industrial Engineering

    versão On-line ISSN 2224-7890

    Resumo

    AHUJA, B. et al. A round robin study for laser beam melting in a metal powder bed. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.2, pp.30-42. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/27-2-1201.

    Die additiewe laserstraal smeltproses word deur kenners as 'n noemenswaardige tegnologie wat bydra tot die konvensionele vorming- en masjineringvervaardigingsprosesse geag, omdat dit oor die vermoë beskik om digte, driedimensionele strukture te vervaardig. Selfs met dié vermoë om strukture met eienskappe soortgelyk aan die konvensioneel vervaardigde strukture, ly die laserstraal smeltproses dikwels aan n tekort aan konsekwentheid en herhaalbaarheid wat krities is tot die industriële aanvaarding daarvan. Die veranderlikheid in die eienskappe van strukture is dikwels verwant aan 'n kombinasie van variasies in die sisteem tegnologie, proses- en gebruikerinvloed. Hierdie navorsing bespreek n rondomtalie toets wat op verskeie laserstraal smelters, wat by die Internasionale Akademie van Produksieingenieurs (CIRP) in gebruik is, uitgevoer is. Die toetse se mikpunt was om die potensiaal en beperkinge geassosieer met die laserstraal smeltproses beter te verstaan. Die waargeneemde meganiese eienskappe van monsters van elkeen van die monsters word voorgehou. Die eksperimente is ontwerp om data, wat verwant is aan die meganiese eienskappe wanneer verskeie veranderlikes tydens die vervaardigingsproses teenwoordig is, te verkry. Die waargeneemde prosesverskynsels en hul assosiasies met die geïnduseerde meganiese eienskappe, word dan bespreek.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )