SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.24 número2Pareto optimal solutions for multi-objective generalized assignment problemDemand categorisation, forecasting, and inventory control for intermittent demand items índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    South African Journal of Industrial Engineering

    versão On-line ISSN 2224-7890

    Resumo

    CHEN, Y.K.; LIAO, H.C.  e  CHEN, C.T.. Economic design of VSI GCCC charts for correlated samples from high-yield processes. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2013, vol.24, n.2, pp.88-101. ISSN 2224-7890.

    Veralgemeende Kumulatiewe Telling van Konformasie-grafieke (VKTK) word voorgehou as metode om 'n hoë opbrengs proses, wat toelaat dat items monster-vir-monster eerder as in produksievolgorde geïnspekteer word, te monitor. Onlangse navorsing toon dat die VKTK-grafiek met 'n wisselende monsterneminginterval (WMI) beter is as dié met 'n vasgestelde monsterneminginterval (VMI) vanweë die addisionele aanpasbaarheid wat dit bied ten opsigte van die monsterneminginterval. Die VKTK-grafiek met WMI is egter duur wanneer dit gebruik word vir die voorkoming van defektiewe produkte. Hierdie artikel bied 'n ekonomiese model vir die ontwerpprobleem van die WMI VKTK-grafiek. Die model neem die korrelasie van produksieuitsette met die huidige monster in ag. In die ekonomiese ontwerp word 'n kostefunksie ontwikkel wat die koste van monsterneming en inspeksie, die koste van vals alarms, die koste van identifisering en verwydering van toerekenbare oorsake en die koste wanneer die proses buite beheer is, in ag neem. 'n Evolusionêre soekmetode wat van die kostefunksie gebruik maak om die optimale ontwerp parameters van die WMI VKTK-grafiek te vind, word voorgehou. Vergelykings tussen die WMI- en VMI-grafieke vir verwagte koste per tydseenheid word ook voorgehou vir verskillende proses- en kosteparameters.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )