SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número especial índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Lexikos

    versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904

    Resumo

    FEINAUER, Ilse. Verskillende perspektiewe oor glossariums: Vertalend teenoor leksikografies. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.152-175. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/33-2-1845.

    Die term glossarium kom onder andere in sowel vertaling as leksikografie voor in wat lyk soos verskillende toepassings: vir vertaling - 'n lys woorde wat deur die vertaler tot die doelteks toegevoeg word; vir leksikografie - 'n tipe woordeboek of naslaanwerk. Dit lyk of die term meer dikwels in die metataal van sowel praktiese (literêre) vertaling en praktiese leksikografie voorkom as in die vertaalwetenskap en metaleksikografie. In albei gevalle word die term egter minder koherent, minder eenduidig en vaer gebruik as wat van 'n term in 'n wetenskaplike veld verwag sou word. In hierdie artikel probeer ek die uiteenlopende toepassings van die term glossarium sistematies te onderskei, want dit sal feitlik onmoontlik wees om glossarium ondubbelsinnig te definieer. Ek begin deur die ekstratekstuele en tekstuele kenmerke van die term glossarium te ontleed deur die verskille en ooreenkomste aan te toon soos dit onderskeidelik in die vertaalwetenskap en metaleksikografie gebruik word. Die artikel is meer deskriptief as normerend, maar stel tog voor dat glossarium gereserveer word vir gebruik in die vertaalwetenskap en dat die term spesialiswoordeboek (eentalig, tweetalig, meertalig) in die metaleksikografie gebruik word.

    Palavras-chave : glossarium; glos; vertaalwetenskap; metaleksikografie; (literêre) vertaling; terminologie; spesialiswoordeboeke; tekstueel; ekstratekstueel; leksikale digtheid; vertaalekwivalent.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )