SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número especial índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Lexikos

    versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904

    Resumo

    VAN DER MERWE, Michele F.. Semantiese betrekkinge en woordeboekstrukture in 'n Afrikaanse tesourus. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.132-151. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/33-2-1835.

    In 'n tesourus word die struktuur van die woordeskat en die besondere verhoudings tussen die leksikale items in daardie woordeskat op die voorgrond geplaas. 'n Woordeskat vertoon 'n bepaalde struktuur waarbinne die verskillende leksikale items op grond van veral hulle betekenisse met mekaar saamhang. Die onderwerp van hierdie navorsing is die leksikografiese aanbieding van onderskeie semantiese betrekkinge tussen leksikale items in die verskillende uitgawes van die Groot Tesourus van Afrikaans. In 'n vergelykende studie tussen die twee uitgawes word die volgende navorsingsvraag gevra: Watter veranderings en verskille, indien enige, kan daar ten opsigte van die aanbieding van semantiese betrekkinge tussen die twee uitgawes waargeneem word? Semantiese betrekkinge tussen leksikale items (onder andere sinonimie, hiponimie en teenoorgesteldheid) en die aanbieding daarvan in albei tesourusuitgawes word belig. Die leksikografiese hantering van semantiese betrekkinge word bespreek teen die agtergrond van die leksikografieteorie rakende woordeboekstrukture en e-leksikografie. Aanbevelings ten opsigte van 'n meer gebruikersgerigte hantering van semantiese betrekkinge word gemaak, ook met betrekking tot 'n elektroniese tesourus.

    Palavras-chave : tesourus; sinoniem; teenoorgesteldheid; hiponiem; meroniem; semantiese verhouding; woordeboekstruktuur; kontekstuele leiding; gebruikersgerig; elektroniese tesourus.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )