SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 número especial 2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Lexikos

    versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904

    Resumo

    DU PLESSIS, André H.. Innoverende toegangsroetes in selfoonwoordeboeke. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe2, pp.49-77. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/32-3-1731.

    Die toegangstruktuur van enige woordeboek is 'n belangrike struktuur omdat dit vir gebruikers 'n manier gee om die verlangde data te verkry of inligting te onttrek. Hierdie struktuur oorvleuel dikwels met alle ander woordeboekstrukture, hetsy die makro-, mikro- of kruisverwysingstruktuur, en sodoende vorm al hierdie strukture in werklikheid die roetes wat gebruikers volg om sy of haar leksikografiese behoeftes te probeer bevredig. In gedrukte woorde-boeke word die toegangstruktuur reeds op die voorblad aangetref, terwyl dit in elektroniese of aanlyn woordeboeke gewoonlik al op die tuis- of landingsblad sigbaar is (Du Plessis 2015: 51-52). Gouws en Prinsloo (2005: 64) verwys na twee verskillende tipes toegangstrukture, naamlik die eksterne toegangstruktuur, wat verband hou met die soekroetes wat die gebruiker na die lemma neem, en die interne toegangstruktuur, wat o.a. die soekroetes en -sones binne die artikel self behels. Met aanlyn en selfoonwoordeboeke word die tradisionele funksies en gebruike van woordeboekstrukture aangepas vir die medium en om die gebruiker se behoeftes vinniger en makliker te bevredig. Dit het egter die gevolg dat dit soms moeilik is om tussen die verskillende woordeboekstrukture te onderskei (Müller-Spitzer 2013: 368-369). Die gelukkige toeval daarvan is dat e-woordeboeke meer vryheid het om op nuwe en innoverende maniere gebruikers na leksikografiese materiaal te lei. Hierdie artikel het ten doel om van hierdie innoverende toegangsroetes in veral selfoonwoordeboeke uit te lig en te evalueer. Dit word gedoen ten einde te bepaal watter toegangsroetes verdere aandag verdien of wat as standaardpraktyk in selfoon- en ander e-woordeboeke oorweeg moet word.

    Palavras-chave : eksterne toegangstruktuur; e-leksikografie; elektroniese woordeboeke; interne toegangstruktuur; selfoonleksikografie; selfoonwoordeboeke; slimfone; slimfoon; soekroetes; toegangroetes; toegangstruktuur; toepassings; woordeboekstrukture.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )