SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Access Routes to BODY PART Multiword Expressions in the 'Big Five' MELDs: Use of Hyperlinks índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

FALLIANDA. A Survey of Indonesian Students' Use of Dictionaries. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.609-628. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1607.

In hierdie artikel word beoog om die profiel van Indonesiese sprekers as woordeboek-gebruikers met behulp van vraelysgebaseerde navorsing te definieer. Die vraelys is gegee aan universiteitstudente wat Engels as vreemde taal bestudeer. Die studente kan volgens vaardigheid in Engels in twee groepe verdeel word, nl. dié met pre-intermediêre en dié met intermediêre vaar-digheidsvlakke. Hulle het die opdrag gekry om die vraelys te voltooi. Die studente moet o.a. verslag doen oor hul frekwensie van woordeboekgebruik, woordeboekkeuses en -waardebepaling, en hul behoeftes rakende woordeboekinligting. Die bevindings het bevestig dat albei groepe studente (pre-intermediêr en intermediêr) meer dikwels tweetalige woordeboeke as eentalige woordeboeke gebruik. Die twee groepe maak geen onderskeid by die evaluering van verskillende woordeboek-tipes nie aangesien hulle tweetalige woordeboeke as net so goed as eentalige woordeboeke beskou. Die verkrygde data bied insig in die studente se bewustheid en kennis van verskillende woorde-boektipes in die Indonesiese leksikografiese konteks.

Palavras-chave : woordeboekbewustheid; woordeboekgebruik; indonesiese UNIVERSITEITSTUDENTE; VAARDIGHEIDSVLAKKE; VRAELYS; PROFIEL VAN WOORDE-BOEKGEBRUIKERS.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons