SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Lexicographic Treatment of Zero Equivalence in isiZulu DictionariesNormative Labels in Two Lexicographic Traditions: A Slovene-English Case Study índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

RODRIGUEZ-RUBIO, Santiago  e  FERNANDEZ-QUESADA, Nuria. Op weg na akkuraatheid: 'n Model vir die analise van tipogra-fiese foute in gespesialiseerde tweetalige woordeboeke. Twee gevallestudies. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.386-415. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1606.

In hierdie artikel word die resultate van navorsing oor tipografiese foutanalise in twee gespesialiseerde tweetalige gedrukte woordeboeke voorgestel: Diccionario de términos económicos, financieros y comerciales/A Dictionary of Economic, Financial and Commercial Terms (Ariel, 2012), en Diccionario de términos jurídicos/A Dictionary of Legal Terms (Ariel, 2012). 'n Foutmodel beskryf gelyk-soortige foute asook foute wat intratekstueel en intertekstueel herhaal word. Die foutfrekwensie in A Dictionary of Economic, Financial and Commercial Terms is hoër as die gemiddelde foutfrekwensie in 'n verwysingskorpus van veertien woordeboeke (hoofsaaklik eerste uitgawes). Dit dui daarop dat opeenvolgende uitgawes nie altyd 'n hoër vlak van formele korrektheid waarborg nie. Ons resultate toon ook aan dat 'n hoë frekwensie foute nie noodwendig 'n hoë intratekstuele foutherha-lingsyfer tot gevolg het nie. Daarteenoor het ons vasgestel dat daar 'n verband tussen tipografiese foute en die toeganklikheidsfunksie in woordeboeke bestaan aangesien hierdie tipe foute toegang tot akkurate leksikografiese inligting en data-onttrekking (veral wanneer hulle in lemmas of sub-lemmas voorkom) kan belemmer.

Palavras-chave : datatoegang; engels vir spesifieke doeleindes (esd); nie-WOORD-FOUT; WARE WOORD-FOUT; SPAANSE TWEETALIGE P-LEKSIKOGRAFIE; OPSPORING VAN TIPOGRAFIESE FOUTE.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons