SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Lexikos

    versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904

    Resumo

    MILIC, Mira; GLUSAC, Tatjana  e  KARDOS, Aleksandra. Die effektiwiteit van die gebruik van woordeboeke as hulp-middels in die onderrig van die standaardisering van Engelsgebaseerde sportterme in Serwies. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.262-286. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/28-1-1465.

    in hierdie artikel word verslag gedoen oor die effektiwiteit van 'n nuwe onderrigmetode waarin woordeboeke benut word as hulpmiddels in die onderrig van die standaardisering van Engelsgebaseerde sportterme in Serwies. Hierdie navorsing is in 2017 uitge-voer onder die studente van 'n sportfakulteit deur middel van 'n vraelys wat aan die begin van die tweede helfte van 'n ESD-kursus en weer aan die einde daarvan aan die studente uitgedeel is. Dit het die evaluering van die studente se vordering ten opsigte van die aanleer van gestandaardi-seerde sportterme in Serwies ten doel gehad wat 'n aanduiding sou wees van die effektiwiteit van die nuwe onderrigmetode. Die bevindings dui oor die algemeen op 'n mate van verbetering van die studente se kennis van gestandaardiseerde sportterminologie, maar dui ook op minder bevre-digende vordering ten opsigte van hul taalkundige vaardigheid. Alhoewel die resultate nie die doelwitte wat aanvanklik gestel is ten volle bevredig het nie, verskaf dit steeds grondige argumente vir verdere pogings in die ontwikkeling en monitering van woordeboekgebruik in die onderrig van die standaardisering van Engelsgebaseerde sportterme in Serwies in die ESD-kurri-kulum en, selfs belangriker nog, vir die sistematiese onderrig van woordeboekgebruik as deel van die moedertaalkurrikulum.

    Palavras-chave : woordeboekgebruik; engels; serwies; esd-onderrig; sportterminologie; standaardisering.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )