SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Lexikos

    versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904

    Resumo

    LIANG, Pengcheng  e  XU, Dan. 'n Empiriese studie van EVT-leerders se woordeboekgebruik in Chinees-Engelse vertaling. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.221-244. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/28-1-1463.

    In hierdie artikel word verslag gelewer oor die resultate van 'n studie waarin leerders van Engels as Vreemde Taal (EVT) se gebruik van 'n elektroniese woorde-boek in 'n L1-L2-vertalingsopdrag ondersoek is. Sewe en veertig nagraadse studente van 'n Chinese universiteit is versoek om op die rekenaar 'n Chinese stuk in Engels te vertaal met behulp van 'n ingeboude woordeboek. Skermopnemers is gebruik om hul gedrag rakende woordeboekgebruik vas te lê, en 'n opvolgonderhoud is gevoer om die denkprosesse wat hul gedrag rig, te probeer bepaal. Die resultate van die studie dui daarop dat EVT-leerders in die naslaanproses 'n voorkeur vir L2-ekwivalente en inhoudswoorde toon, en dit lê spesifieke probleme soos 'n beheptheid met L2-ekwivalente en 'n onkunde oor ander leksikale inligting bloot, wat kan verhinder dat die woor-deboekinligting korrek toegepas word. Hierdie studie suggereer dat woordeboekgebruiksgedrag die ontwikkeling van studente se vertaalvermoëns mag affekteer en dat sowel EVT-leerders as -onderwysers aandag hieraan moet skenk. Daar word ook voorgestel dat vertaalonderwysers leerders se aandag moet vestig op hoe belangrik die kontrolering van ander leksikale inligting in 'n woordeboek in hul vertaalpraktyk is.

    Palavras-chave : woordeboekgebruikersvoorkeure; woordeboekgebruiks-prosesse; evt-leerders; vertalingsopdrag; onderhoud; skermopname; log-lêers.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )