SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Literator (Potchefstroom. Online)

    versão On-line ISSN 2219-8237versão impressa ISSN 0258-2279

    Resumo

    SMIT, Lizelle. 'Uitgesprokenheid' en 'stilswye' in die memoirs van Petronella van Heerden. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-11. ISSN 2219-8237.  https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1298.

    Gegewe die beperkte akademiese navorsing aangaande die memoirs van Petronella van Heerden, poog hierdie artikel om 'n bydrae te lewer tot die gesprek rondom haar werke. Dit belig ook verder vroue se betrokkenheid by die (de/koloniale) politiek van Suid-Afrika en Afrikaners. Van Heerden se manipulasie van die outobiografiese genre om sodoende gekose inligting betreffende geslagongelykhede oor te dra aan die Afrikaansprekende jeug, word ondersoek. Verder oorweeg ek Van Heerden se teenstrydige wisseling tussen 'uitgesprokenheid' en 'stilswye' met betrekking tot die onderwerp van feminisme en lesbiese seksuele identiteit. Hierdie artikel illustreer Van Heerden se aanwending van sekere skrywerstegnieke om sodoende genderongelykhede, implisiet in hegemoniese en patriargale diskoerse, te kritiseer - 'n sentrale aspek van haar jong lewe wat moontlik aanleiding gegee het tot die vorming van 'n andersdenkende identiteit. Van Heerden se 'vaagheid' met betrekking tot die uitbeelding van haar lesbiese identiteit in die memoirs, word asook bespreek.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )