SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 número1How 'religious' is religion and how 'natural' is naturalness? On the question of the naturalness of religionThe biblical ethics of work: A model for African nations índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Verbum et Ecclesia

    versão On-line ISSN 2074-7705versão impressa ISSN 1609-9982

    Resumo

    VAN TONDER, Barend J.. Prakties-teologiese riglyne vir die drie kategorieë van visuele prediking. Verbum Eccles. (Online) [online]. 2011, vol.32, n.1, pp.1-11. ISSN 2074-7705.  https://doi.org/10.4102.ve32i1.388.

    Met die verskyning van die TV-medium binne die Suid-Afrikaanse milieu in die laat sestigerjare en vroeë sewentigerjare (vgl. Barnard 2009:192), het 'n nuwe wyse van kommunikasie die lig gesien. Grotendeels het dit meegebring dat die kommunikasiemedium van die woord deur die kommunikasiemedium van die beeld vervang is (vgl. Sweet 1999:200).Visuele kommunikasie het die mees ingrypende verskuiwing geword wat oor die afgelope vyf dekades plaasgevind het. Uiteraard het dit 'n nuwe generasie na vore gebring, wat as die visuele generasie bekend staan, en binne die visuele taalkode kommunikeer. Visuele uitbeelding word in hierdie artikel gestel as 'n legitieme vorm van homiletiese aanbieding naas die oratoriese aanbieding van die prediking. In hierdie artikel word drie kategoriee van visuele prediking word geidentifiseer, naamlik, (1) die visuele beeldpreek, (2) die visuele uitbeeldingspreek en die (3) visuele verbeeldingspreek. Praktiese riglyne vir elke vorm van visuele prediking word in hierdie artikel ontwikkel, sodat die visuele geletterdheid van die prediker kan verhoog.

            · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )