SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2"The pot boils all over": NP van Wyk Louw, Johannes Degenaar and Afrikaans decolonisationThe deed reveals (im)morality índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    MYBURGH, Esmarie; DU PLESSIS, Engelina  e  VAN DER VYVER (NEE KRUGER), René. Die belangrikste kultuurelemente van Afrikaner-besienswaardighede. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.285-306. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a7.

    Die doel van hierdie studie was om te bepaal watter kultuurelemente by 'n Afrikanerkultuur-besienswaardigheid in Suid-Afrika aangebied moet word. Die empiriese studie het 'n verkennende navorsingsontwerp gevolg en is uitgevoer deur die kwalitatiewe metode te volg, met 15 navorsingsdeelnemers. 'n Semi-gestruktureerde onderhoudskedule is gebruik om vrae aan die navorsingsdeelnemers te stel. Die onderhoudskedule het hoofsaaklik bestaan uit oop-einde vrae en het verband gehou met demografiese inligting, Afrikaner-kultuurelemente en kreatiewe beginsels van toerisme. Die resultate het getoon dat die navorsingsdeelnemers se belangrikste Afrikaner-kultuurelemente die volgende is: geskiedenis, taal, musiek en dans, kos en tradisionele leefwyse. Die aanbevelings van die studie is gemik op bemarkers en bestuurders van bestaande of voornemende Mrikanerkultuur-besienswaardighede, akademici en die algemene publiek, met 'n fokus op Afrikanerkultuurtoerisme.

    Palavras-chave : toerisme; kultuurtoerisme; kultuurtoeriste; kulturele besienswaardig-hede; kultuurelemente; Afrikaner-kultuurelemente; tasbare en ontasbare kultuurelemente; kwalitatiewe navorsing; geskiedenis; taal; musiek en dans; kos en tradisionele leefwyse.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )