SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número4-2The Bailie's Party trilogy: Karel Schoeman (and MD Nash) and the 1820 British SettlersA generalised model to measure brand loyalty índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    KOTZE, Hercülene  e  WIERENGA, Rone. 'n Oorsig oor die ontwikkeling en waarde van Interpreting Research in South Africa (IRSA). Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-2, pp.1397-1415. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-2a10.

    IRSA (Interpreting Research in South Africa) is 'n omvattende databasis wat bestaan uit 279 bronne oor tolknavorsing in Suid-Afrika of wat deur Suid-Afrikaanse tolknavorsers geproduseer is. IRSA sluit publikasies vanuit die tydperk 1968 tot 2020 in en poog om so inklusief en omvattend moontlik te wees. IRSA het ten doel om die vertrek- en sentraleverwysingspunt vir navorsing oor tolking in Suid-Afrika te wees deur die relevante wetenskaplike publikasies gratis en op een plek beskikbaar te stel. Hierdie artikel bied 'n oorsig oor a) die totstandkoming en ontwikkeling van só 'n databasis met klem op die werkwyse wat toegepas is om die akkuraatheid van die databasis te verseker, b) die publikasies wat by IRSA ingesluit is en die oorhoofse navorsingstendense wat sedert 1968 waargeneem word, en c) die toekoms, instandhouding en voordele wat IRSA vir tolknavorsers in Suid-Afrika kan inhou.

    Palavras-chave : bibliometriese studies; tolknavorsing; bronne vir tolknavorsing; tolking databasis; tendense in tolknavorsing; Suid-Afrika.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )