SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número3Parenting approaches of hearing mothers and fathers to children with hearing lossEmpowering secondary-school principals in Ethiopia to perform their instructional leadership roles more effectively índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    BOSHOFF, Hercules. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.3, pp.839-848. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n3a12.

    Hierdie artikel ondersoek die absolute wete as sleutelbegrip in Hegel se Fenomenologie van de Geest (2013). Die vermyding, onderbeklemtoning en wanbegrip van die absolute wete in veral 20ste-eeuse interpretasies van Hegel se werk sal met behulp van sy eie uiteensetting bevraagteken word. Eerstens is die absolute wete nie 'n klaargemaakte bloudruk wat kritiekloos op die werklikheid toegepas kan word nie, maar 'n moeisame proses wat mens nie van 'n afstand kan betrag nie en waardeur 'n mens self moet werk. Tweedens word aangevoer dat die absolute wete slegs die resultaat kan wees van die strengste moontlike beproewing,1 in die vorm van 'n "sich vollbringende Skeptizismus"; en derdens gaan dít wat deur die beproewing opgehef word, steeds gekoppel bly aan die absolute as deel van die prosesmatige aard daarvan. Die proses dui daarop dat selfverlies in die vorm van die uitwys van tekortkominge en selfverowering as die selfbewuswording van die gees twee kante van dieselfde muntstuk verteenwoordig, naamlik wat Hegel as die "loutering tot gees" beskryf.

    Palavras-chave : absolute wete; wetenskap; waarheid; geheel; dialektiek; skeptisisme; loutering; natuurlike bewussyn; selfbewussyn; gees.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )