SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número2Motion verbs in Van Wyk Louw's poetryNP van Wyk Louw's animals and figures: An ecocritical reading índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    WIERENGA, Roné  e  BREED, Adri. 'n Diachroniese benadering tot die ontwikkeling van die progressiewe perifrastiese konstruksies in Afrikaans en Nederlands: 'n Korpusondersoek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.2, pp.588-619. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2a11.

    Die progressiewe perifrastiese konstruksies in Afrikaans en Nederlands is 'n tema wat heelwat aandag in resente taalkundeliteratuur geniet het. 'n Verskeidenheid sinchroniese studies het die drie ewekniekonstruksies van Afrikaans en Nederlands, naamlik die PREP-, besig-, en CPV-konstruksies al afsonderlik en vergelykend bestudeer, waaronder die vernaamste vergelykende studie dié van Breed, Brisard en Verhoeven (2017). Vanuit die literatuur is dit duidelik dat, alhoewel hierdie drie progressiewe perifrastiese konstruksies vormlike ewekniekonstruksies is, daar bepaalde verskille in die gebruike van hierdie konstruksies tussen Afrikaans en Nederlands voorkom. Hierdie artikel poog om die leemte in die huidige literatuur te vul, deur middel van 'n diachroniese studie wat gebruik maak van die Tracing History Trust-korpus (2011) en die Historiese korpus van Standaardafrikaans (2016). Die doel is om vas te stel óf en tot watter máte die verskille wat tans tussen die progressiewe konstruksies van Afrikaans en Nederlands bestaan, sigbaar was tydens die 17de, 18de en 20ste eeu.

    Palavras-chave : korpuslinguistiek; progressiewe perifrastiese konstruksies; Afrikaans; Nederlands; diachroniese benadering; diachroniese korpora; grammatikalisering; imperfektiewe aspek; Tracing History Trust-korpus; Historiese korpus van Standaardafrikaans.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )