SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-1The third Afrikaans church Bible: Processes and practices of a direct translationLanguage change in the Afrikaans translations of the Gospel of Mark índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    DU PLOOY, Heilna. Literêre aspekte van die 2020-vertaling van die Bybel in Afrikaans en die bydrae van die literêre adviseurs in die vertaalproses. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-1, pp.1028-1046. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-1a11.

    In hierdie artikel word die rol en funksie van die literêre adviseurs in die 2020-vertaling van die Bybel bespreek. Daar word aandag gegee aan die literêre adviseurs se siening oor die Bybel as 'n taalteks, hulle plek in die vertaalspan en hoe direkte vertaling as vertaalstrategie hulle bydrae bepaal het. Daar word veral klem gelê op die onderhandelende en interaktiewe aard van hierdie vertaling en op die kompleksiteit van die vertaalopdrag, omdat die eise van getrouheid aan die bronteks, sowel as van 'n goeie vloeiende formulering in idiomatiese Afrikaans, soms moeilik te versoen was. Die interafhanklikheid van die literêre adviseurs en die eksegete en brontaalkenners word beskryf, asook hoe literêre insette in elke fase van die vertaling 'n rol gespeel het. Die bydrae van die literêre adviseurs is gerig deur die siening dat die Bybel 'n religieuse sowel as 'n literêre teks is, en dat die eindproduk van die vertaling aan albei hierdie aspekte moet laat reg geskied. Daar word aandag gegee aan voorbeelde van vertaalvraagstukke in die Psalms. Omdat parallelismes so 'n dominante stylfiguur is in die Hebreeuse poësie, word die verskynsel meer uitvoerig in die artikel beskryf, maar ander poëtiese en literêre tegnieke word ook behandel. Die gevolgtrekking is dat die literêre advi-seurswerk enersyds nie bepalend is nie, maar andersyds ook nie nalaatbaar nie.

    Palavras-chave : Bybelvertaling; direkte vertaling; interaktiewe vertaling; spanvertaling; literêre adviseurs; redigering; die Bybel as 'n taalteks; die Bybel en letterkunde; die Bybel as letterkunde; Hebreeuse poësie; Psalms.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )