SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    DE BEER, Fanie. Profesie, mite en delirium: Die dringende vraag na ware kennis in die eeu van informasionalisme en kennisaftakeling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.411-432. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a13.

    Teen die agtergrond van die agterdog wat gesaai word teen die geesteswetenskappe en die bedreiging van hul posisie, wend hierdie artikel 'n poging aan om iets van die geldigheid en relevansie van geesteswetenskaplike kennis te probeer herwin. Die klem word enersyds geplaas op die fatale en verarmende gevolge van die reduksie van kennis tot die meetbare, weegbare en tasbare en andersyds op die wesenlike onmisbaarheid vir menswees en menslike saamwees van dimensies van kennis, wat ewe geldig is, maar buite die grense van die empiriese val, naamlik die diskoerse van profesie, mite en delirium (waansin). In die belang van menswees word 'n saak uitgemaak vir 'n wyer en dieper opvatting van kennis en wetenskap as die heersende opvatting.

    Palavras-chave : affektiwiteit; delirium; fantasma; heilsmites; informasionalisme; kennis; misterie; mite; openbaring; profesie; verbeelding; wete.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )