SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número2The causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature reviewA principal's perspective on professional development: a single case study índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    SMITH, Carien. 'n Ekokrities-filosofiese perspektief op die kortverhaal "Katvoet" (Riana Scheepers): Die mens en die natuur. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.310-329. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a7.

    Hierdie navorsing bied 'n ekokrities-filosofiese blik op die verhaal "Katvoet" uit die gelyk-namige kortverhaalbundel deur Riana Scheepers (2009). Die navorsing is interdissiplinêr van aard en betrek die dissipline van filosofie sowel as letterkundige studie. "Katvoet" bevraagteken die antroposentriese perspektief deur alternatiewe perspektiewe te beklemtoon en 'n alterverhaal te skep wat parallel met die antroposentriese verhaal verloop. Die vrou se verhouding met diere en die natuur weerspreek die algemene aannames oor die mens en die natuur en die rol van die natuur in die mens se wêreld. Die vrou verdierlik in die verhaal en hierdie verdierliking skep die weg tot 'n verfrissende en nuwe siening van die absolute binêre opposisies van kultuur en natuur, rasionaliteit en emosies, die mens en die dier, objek en subjek, en "mind" en liggaam. Die vrou se verhouding met die natuur en diere plaas die mens en die natuur op gelyke voet en die natuur word nie onderdruk deur die mens nie. Die verhaal bied ook die geleentheid om die konsep natuur te herdefinieer teen die agtergrond van die verskuiwende verhoudings met die natuur.

    Palavras-chave : Ekokritiek; Riana Scheepers; vrou; dier; natuur; kultuur; rasionaliteit; liggaam; mind"; niemenslike; agentskap; Katvoet"; Morton; Buell.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )