SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número2Who are the good Samaritans? Characteristics of volunteers in South AfricaThe causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature review índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    KIRSTEN, Johanita. "Dit gaan nog belangrik word": Veranderinge in grammatikale toekomsverwysing in Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.277-292. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a5.

    Toekomsverwysing in Afrikaans kan grammatikaal en leksikaal aangedui word, soortgelyk aan ander Wes-Germaanse tale soos Nederlands en Engels. Die modale hulpwerkwoord sal, afkomstig van Nederlandse zullen, en die hulpwerkwoord gaan, van Nederlandse gaan, word algemeen gebruik vir toekomsverwysing, asook die toekomstige presens waar sinne sonder tempusaanduiding na die toekoms verwys. Die totale gebruiksfrekwensie van gaan toon nie tekens van verandering sedert standaardisering nie, maar die verskillende gebruike het tog nie stabiel gebly nie. Sedert standaardisering het die sintaktiese en semantiese gebruikskontekste van toekomsverwysende gaan uitgebrei, en waar die leksikale item gaan vroeg in die twintigste eeu nog oorwegend as hoofwerkwoord gebruik is, word dit vandag oorwegend as 'n hulpwerkwoord (direkte skakelwerkwoord en toekomsverwysende hulpwerkwoord) gebruik.

    Palavras-chave : grammatikalisering; grammatikale verandering; tydsaanduiding; toe-komsverwysing; werkwoorde; skakelwerkwoorde; hulpwerkwoorde; toekomstige presens; korpuslinguistiek; historíese geskrewe Afrikaans.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )