SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-1Who are the good Samaritans? Characteristics of volunteers in South AfricaThe causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature review índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    BOSMAN, Nerina; TALJARD, Elsabé  e  PRINSLOO, Danie. Honderd jaar Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 'n Oorsig en waardering. Deel 1: Die woordelys. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-1, pp.285-301. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a5.

    In 2017 sal die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (hierna afgekort as AWS) 'n volle eeu oud wees, en hierdie bydrae gedenk die mylpaal met 'n (her)waardering van veral die woordelysdeel van die AWS. Aanvanklik word ʼn historiese oorsig gegee oor die ontstaan en ontwikkeling van die woordelys met 'n fokus op sy funksie, aard en omvang. 'n Evaluasie van die spelreëls het buite die bestek van die artikel geval, maar daar word wel kortliks stilgestaan by die grondbeginsels van die Afrikaanse spelling. Aspekte wat ondersoek is, was lemmakeuse, wat op sy beurt weer beïnvloed is deur beginsels van die Afrikaanse spelreëls soos 'n algemeen gebruiklike uitspraak, die bepaling van wat as "Standaardafrikaans" beskou kan of moet word en ander kwessies. Die doel en aard van die woordelys - kan dit byvoorbeeld as 'n spesiale soort woordeboek beskou word? - lemmaseleksie en mikrostrukturele bewerking, wisselvorme en die hantering van vreemde woorde, die normerende rol van die AWS en die omvang en volledigheid van die woordelys, kry aandag in hierdie eerste van twee artikels. Die gevolgtrekking waartoe gekom word, is dat die woordelys baie waardevol is as naslaanbron, maar wel tot 'n mate as belangrike gebruikersbron gekortwiek word deur sy aard: staties, onvolledig en voorskriftelik. Met die gebruiker in gedagte val die klem in Deel 2 dan op die nuwe moontlikhede wat 'n elektroniese woordelys sou kon bied.

    Palavras-chave : AWS; oorsig; waardering; woordelys; grondbeginsels; lemmaseleksie; mikrostrukturele bewerking; wisselvorme; uitspraak.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )