SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1Student teachers' interpretation and use of learning theory conceptsThe perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    VAN ROOY, Bertus  e  KRUGER, Haidee. Faktore wat die weglating van die Afrikaanse onderskikker dat bepaal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.102-116. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a7.

    Die stelbysin in geskrewe Afrikaans vertoon twee variante. Die onderskikker dat word saam met afhanklike woordorde (SXV) gebruik in die een vorm, terwyl die ander vorm sonder die onderskikker voorkom en hoofsinwoordorde (SVX) gebruik. In hierdie artikel word die korpuslinguistiek as metode gebruik om ondersoek in te stel na die faktore wat verband hou met die keuse tussen die twee variante. 'n Analise van die Taalkommissiekorpus dui daarop dat die werkwoord van die hoofsin veral deurslaggewend is vir die keuse. Werkwoorde met 'n algemene betekenis wat met hoë frekwensie voorkom word eerder saam met die stelbysin sonder 'n onderskikker gebruik, terwyl werkwoorde met 'n meer spesifieke betekenis en dikwels laer frekwensie kombineer met die stelbysin wat 'n eksplisiete onderskikker bevat. Verder speel die register van tekste 'n rol, deurdat meer formele registers eerder die variant met dat verkies. Die bevindinge dui daarop dat die vorm sonder dat geassosieer word met hoër tematiese prominensie vir die stelbysin, terwyl die vorm met dat die prominensie verskuif na die hoofsin.

    Palavras-chave : Afrikaans; sintaksis; woordorde; variasie; stelbysin onderskikker; afhanklike woordorde; register; werkwoordlemma; informatiwiteit; korpuslinguistiek.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )