SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    PIENAAR, Wessel. Die uitbreiding van kostevoordeelontleding met sosiale evaluering in die beplanning van openbare padbou- projekte: Voorstel ter ondersteuning van die skep van 'n ontwikkelingstaat. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.753-770. ISSN 2224-7912.

    In hierdie artikel word die groei- en ontwikkelingsvoordele wat uit ekonomies geregverdigde padbouprojekte kan spruit, geïdentifiseer. Die streeksekonomiese voordele wat paaie kan bied, word uiteengesit. Die groepe niepadgebruikers wat by 'n padbouprojek kan baat, word uitgewys. Die bedryfseienskappe van padvervoer wat heilsaam is vir die stimulering van ekonomiese aktiwiteite word aangedui. Die huidige ongelyke inkomsteverdeling in Suid-Afrika word kortliks toegelig. 'n Uiteensetting word gebied van hoe die kostevoordeelontleding en keuse van padbouprojekte met die gebruik van billikheidsgewigte in sosiale evaluering gekomplementeer kan word om 'n meer aanvaarbare welvaartsverdeling in Suid-Afrika te bewerkstellig. Daar word aangevoer dat kostevoordeelontleding met sosiale evaluering gekoördineer moet word sodat besluitnemers ingelig word oor watter padbouprojekte sowel toewysingsdoelmatigheid as verdelingsdoeltreffendheid sal bevorder. Die bespreking word aangevul met 'n voorbeeld wat aantoon hoe padbouprojekte op grond van welvaartverdelingsoorwegings geprioriseer kan word.

    Palavras-chave : Beweeglikheid; doeltreffendheid; geleentheidskoste; gewilligheid om te betaal; Gini-koëffisiënt; grensnut; kostevoordeelontleding; nut; sosiale evaluering; toeganklikheid; toewysingsdoelmatigheid; verdelingsdoel-treffendheid; waarde; welvaart.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )