SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    VERHOEF, Grietjie. Die onderneming in die gemeenskap: Korporatiewe maatskaplike betrokkenheid deur Sanlam, 1918-1980. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.731-751. ISSN 2224-7912.

    Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid het 'n statutêre verpligting geword wat deur verskeie belanghebbende partye gebruik word om uiteenlopende oogmerke te verwesenlik. Die konsep "korporatiewe sosiale verantwoordelikheid" (corporate social responsibility (CSR) het eers gedurende die 1990s prominensie in die korporatiewe omgewing begin kry, hoewel die konsep van ondernemings se sosiale verantwoordelikheid teenoor die breër gemeenskap ingrypend deur die geskiedenis verander het. Hoe behoort ondernemings se sosiale betrokkeheid beslag te kry? Watter rasionaal behoort daardie optrede te motiveer? Hierdie artikel ondersoek die inherente dryfvere in Sanlam vir sosiale betrokkenheid teen die agtergrond van die teorie van korporatiewe sosiale verantwoordelikheid. Hierdie artikel wys op die eiesoortige geaardheid van maatskaplike betrokkenheid deur Sanlam as 'n langtermynversekeringsmaatskappy in Suid-Afrika. Dit dui op 'n bydrae tot die teoretiese diskoers oor korporatiewe sosiale verantwoordelikheid aan die hand van die geskiedenis van korporatiewe maatskaplike betrokkenheid in Sanlam.

    Palavras-chave : gemeenskap; polishouers; maatskaplike verantwoordelikheid; groei; versekeringsmaatskappy.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )