SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número1Sustainability reporting in the mining sector: identifying critical issuesThe interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching reading índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    DAVIS, Corné. Die belang van Niklas Luhmann vir kommunikasieteorie: 'n Inleidende interpretasie.. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.1, pp.76-88. ISSN 2224-7912.

    Niklas Luhmann word gehuldig as een van die mees fassinerende sosiale teoretici van die 20ste eeu, hoewel geen van sy werke nog binne kommunikasieteorie as 'n studieveld bespreek is nie. Sommige van die radikale stellings wat hy maak, soos dat menslike individue glad nie kan kommunikeer nie, kan dalk verklaar hoekom selfs die mees welbekende teoretici in die veld soos Craig (1999; 2007), Littlejohn en Foss, en Miller (2009) van sy teoretisering wegskram. Die artikel werp 'n blik op Luhmann se intellektuele agtergrond en poog om twee van sy verwarrende aannames te verduidelik, naamlik dat slegs kommunikasie kan kommunikeer en dat kommunikatiewe sisteme totaal en al geslote is. Uiteindelik word sosiale outopoiëse beskryf as 'n moontlike teoretiese raamwerk vir toekomstige studies in kommunikasieteorie as 'n veld.

    Palavras-chave : Kommunikasieteorie; Niklas Luhmann; sosiale outopoiëse; operasionele geslotenheid; funksionele differensiasie.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )