SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    MARAIS, Johann Lodewyk. Charles Darwin, die natuurwetenskappe en die verwondering in T T Cloete se poësie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.547-562. ISSN 2224-7912.

    In T T Cloete se digbundels is sy belangstelling in die natuur en die natuurwetenskappe dominante temas. Die digter is besonder belese in veral die eksakte en biologiese wetenskappe. 'n Studie van Cloete se poësie toon hoedat hy sy wye kennis vernuftig met die hulpmiddels van die poësie orden en verrassende verbande aantoon. Opvallend is ook die wyse waarop hy 'n religieuse en spesifiek Christelike perspektief in sy poësie aan die orde stel en onbeskaamd as belydende Christen skryf. Studies het reeds aangetoon dat Cloete se religieuse perspektief veel minder tradisioneel as dié van 'n digter soos Totius is en selfs sommige aanvaarde religieuse opvattings uitdaag en die leser tot nadenke stem. Die evolusieleer het die afgelope 150 jaar tot hewige debatvoering gelei en die mens se wêreldbeeld ingrypend beïnvloed en/of gewysig. Debatvoering oor hierdie radikale en invloedryke wetenskaplike perspektief duur voort en lei steeds tot hewige polemiek (bv. oor die kreasionisme). Cloete skram nie weg van hierdie onderwerpe nie en in heelparty gedigte besin hy oor die ontstaan van die skepping en die ontwikkeling van lewe op aarde.

    Palavras-chave : Charles Darwin; Galápagos-eilande; The origin of species; Alfred Russel Wallace; evolusie; paradysvoëls; T T Cloete; Afrikaanse poësie; verwondering.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )