SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    PIENAAR, Cobus. Is die akademiese werksbedeling steeds volhoubaar?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.2, pp.251-267. ISSN 2224-7912.

    Literatuur dui daarop dat die akademiese werksbedeling en, by implikasie, akademici onder geweldige druk verkeer en dat hierdie toedrag van sake waarskynlik moeilik volhoubaar gaan wees vanweë talle eksterne sowel as interne invloede en veranderinge binne en buite hoër onderwys. Hierdie veranderinge dra daartoe by dat die akademiese werksbedeling tans as een van die mees stresbelaaide beroepe beskou word, wat terselfdertyd ook die werkstevredenheid van akademici dienooreenkomstig gaan beïnvloed. Daar is aanduidings in die literatuur dat dit heel waarskynlik in die toekoms gaan toeneem en dat die werksbedeling toenemend veeleisend gaan word, te midde van 'n reeds komplekse taak. Die gevolg hiervan lei tot 'n verskeidenheid negatiewe uitkomste vir die akademiese professie, akademici, hoëronderwysinstellings, hoër onderwys in die algemeen, asook al die ander rolspelers wat direk by hoër onderwys baat.

    Palavras-chave : Hoëronderwysinstellings; hoër onderwys; akademici; stres; werksdruk; akademiese loopbaan; werkstevredenheid; akademiese werksbedeling.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )