SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Historia

    versão On-line ISSN 2309-8392versão impressa ISSN 0018-229X

    Resumo

    SCHOLTZ, Leopold  e  SCHOLTZ, Ingrid. Die ANC/SAKP in Angola: 'n Gevallestudie rakende interne demokrasie. Historia [online]. 2009, vol.54, n.1, pp.211-238. ISSN 2309-8392.

    Die ANC/Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het altyd beweer dat die doel van hulle gewapende stryd, vryheid en demokrasie was. Een manier om dit te toets is om te kyk na die alliansie se praktiese toepassing van interne demokrasie in die jare van ballingskap. Met dié doel voor oë word in hierdie artikel ondersoek ingestel na die situasie in MK se kampe in Angola, die twee gewapende opstande in 1984, en die strafkamp Quatro. Twee paradigmas om die situasie te verklaar, word ontleed. Die een is die standpunt van die ANC dat die probleme die gevolg was van die apartheidsregering se spioenasie, en dié van die dissidente dat hulle eenvoudig 'ndemokratiese kultuur van verantwoordbaarheid wou hê. Die eindgevolgtrekking is dat ofskoon daar waarheid in die ANC se verklaring steek, dit 'nfeit is dat die alliansie se interne demokrasie veel te wense oorgelaat het.

    Palavras-chave : African National Congress (ANC); Angolese kampe; demokrasie; gewapende stryd; Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP); Umkhonto we Sizwe (MK).

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )