SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.3 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Stellenbosch Theological Journal

    versión On-line ISSN 2413-9467versión impresa ISSN 2413-9459

    STJ vol.3 no.2 Stellenbosch  2017

     

    Voorwoord

     

     

    Gedurende 2017 het talle konferensies en byeenkomste wêreldwyd op die 500-jarige herdenking van die sestiende-eeuse Protestantse Reformasie(s) gefokus. Ook in Suid-Afrika het 'n hele aantal akademiese geleenthede die soeklig op die geskiedenis, teologie en nalatenskap van die Reformasie laat val. Die jaarlikse kongres van die "Theological Society of South Africa", byvoorbeeld, het met die tema "Tussen konflik en gemeenskap: die ontvangs van die sestiende-eeuse Reformasies in Suid-Afrika" in gesprek getree. In Oktober 2017 is 'n konferensie op Stellenbosch gehou met as hooftema "Die kreet om lewe: Reformasie vandag", terwyl nog 'n simposium op Stellenbosch op "Bonhoeffer en die Reformasie" gefokus het. In hierdie uitgawe van Desember 2017 van die Stellenbosch Teologiese Joernaal sluit ons daarom onder die hofie "Die sestiende-eeuse Protestantse reformasies herdenk" 'n aantal artikels in wat as referate by hierdie akademiese konferensies aangebied is, of met die tema saamhang.

    Die ander artikels in hierdie uitgawe dek 'n wye spektrum van teologiese temas vanuit 'n verskeidenheid gesigspunte. Die artikel van Cilliers Breytenbach huldig die Suid-Afrikaanse Nuwe Testamentikus Andrie du Toit vir sy akademiese bydrae, terwyl Graham Ward se artikel as die jaarlikse Steve de Gruchy Gedenklesing gelewer is.

    Naas die 28 portuur-geëvalueerde artikels wat ons hier aanbied, sluit ons n resensie in deur die Nederlandse teoloog Frits de Lange van die filosoof Anton van Niekerk se boek "Die dood en die sin van die lewe."

     

    Robert Vosloo

    Redakteur: STJ