SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número2A practical-theoretical perspective on the act of making ecclesiastical resolutions: Theory for praxisThe Holy Spirit and preaching in the service índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    VILJOEN, Francois P.. Matteus en die Torah in die Joodse samelewing. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-6. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/ids.v49i2.1946.

    Die betekenis van die Torah is die onderwerp van 'n grootskaalse bespreking in die eerste Evangelie. Hierdie artikel ondersoek die sosio-historiese situasie wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van hierdie teks wat soveel klem op die onderhouding van die Torah plaas. Om hierdie vraagstuk te ondersoek, word die Matteusteks in sy sosio-historiese konteks gelees ten einde die heersende vraagstukke in die gemeenskap waarbinne die teks ontstaan het, te identifiseer. Die Matteusgemeenskap word binne die Joodse godsdienstige gemeenskap gesitueer met die fokus op die Torah in daardie gemeenskap. Die artikel voer aan dat die krisis van 70 AE tot die herbesinning van die korrekte interpretasie van die Torah gelei het. Die Joodse gemeenskap was gefragmenteer en dit tot 'n strewe na konsolidasie gelei. Te midde van hierdie ontwikkelings, is die Torah deur nuut-gevormde gemeenskappe gebruik om hulle eie norme van bestaan teenoor dié van ander te definieer. In die eerste Evangelie definieer die outeur sy en sy gemeenskap se posisie in terme van spesifieke Torah-onderhouding. Die verteller verseker sy gemeenskap van die korrektheid van hulle oortuigings om die leringe van Jesus na te volg.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )