SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    LOUW, Daniel J.. Die dinamika van die God-vraagstuk in 'n pastorale teologie van medelye en omgee: Vanaf imperialistiese omni-kategorieë na teopasgitiese patos-kategorieë. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-15. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/IDS.v49i1.1996.

    Navorsers het telkemale in die twintigste eeu teen die impak van statiese, ontologiese en metafisiese skemas van interpretasie gewaarsku. Teïstiese denke is grootliks deur Hellenistiese denkkategorieë bepaal. Teen die agtergrond van nuwe filosofiese verskynsels soos apateïsme en anateïsme en die invloed daarvan op die verskillende vorms van spiritualiteitsdenke, duik die vraag op na die toepaslikheid en relevansie van bestaande, geykte denkkategorië vir die Christelike verstaan van God. Die vraagstuk van lyding, menswaardigheid en geregtigheid stel nuwe eise aan 'n pastorale teologie wat met kontekstuele lewensvraagstukke erns maak. In die lig hiervan word 'n paradigmaskuif in teologisering, vanaf omni-kategorieë na patos-kategorieë voorgestel. Dit word beredeneer dat 'n teopasgitiese teologie 'n belangrike bydrae kan lewer om statiese Godskonsepte, wat grootliks vanuit die Romeinse en Griekse denkwereld gekom het, in die rigting van 'n meer dinamiese Godsverstaan te skuif. Die gedagte van die 'volhoubaarheid van God' word aan 'n nuwe verstaan van die medelye van God (ta splanchna) verbind. Vandaar die voorstel vir 'n paradigmaskuif vanaf almag en alwetendheid na 'n patosvolle, infinitiewe omgee-identifikasie (die pneumatologiese volhoubaarheid van daar-wees-vir).

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )