SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    POTGIETER, Raymond. 'Lof der Zotheid': 'n oorsig en evaluering vyf eeue later. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-7. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/IDS.v49i1.1962.

    Desiderius Erasmus was 'n humanis wat gepoog het om hom te beywer vir die hervorming van die burgerlike en kerklike strukture van sy tyd. In gereformeerde kringe word sy rol in die Lutherse twisgeskil beklemtoon. Sy verreikende invloed word steeds vandag gevoel. Erasmus se gekke-literatuur, Moriae Encomium (1509), het sy besorgdheid rakende die burgerlike en ekklesiastiese samelewing vanuit 'n humanistiese standpunt openbaar. Hy gebruik dwaasheid as retoriek en met behulp van satire vermaak hy die leser terwyl hy die veelvuldige lae van die sosiale realiteit van die dag ontbloot. Die personifikasie van die 'gek' of 'dwaas' is 500 jaar later steeds relevant vir hierdie rol in die Christelike samelewing. Erasmus was van mening dat die kerk nie as 'n eiland beskou moet word nie. Dit maak deel uit van die samelewingstrukture en is daarom steeds aan kritiek onderworpe.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )