SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    COLETTO, Renato. Kuyper se skalpel? 'n heroorweging van wetenskap-en-religie, trinitariese navorsing en God se ewigheid. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-10. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/ids.v49i1.1891.

    Hierdie artikel verken drie navorsingsterreine in die kontemporêre Christelike wetenskap en voer aan dat die manier waarop hulle benader word dikwels bedenklik is weens basiese aannames, die metodes of die implikasies daarvan. Die volgende kritiek word voorgestel. Navorsing oor die verhouding tussen religie en wetenskap is op 'n raamwerk van aannames gebaseer wat nie 'n behoorlike weerspieëling van die skriftuurlike standpunt is nie. Trinitariese navorsing verwag te veel van die veronderstelde ooreenkoms tussen die Drie-eenheid en die geskape werklikheid, terwyl dit neig om ander hulpbronne wat vir die Christelike wetenskap beskikbaar is, te verwaarloos. Wetenskaplike besinning oor God se ewigheid is spekulatief vir sover dit poog om die modale horison van kennis te transendeer. Dit word aangevoer dat 'Kuyper se skalpel' ('n benadering wat in die Kuyperiaans-reformatoriese tradisie bevorder word) sal help om navorsing in hierdie drie gevalle (ander gevalle word ook kortliks genoem) te heroorweeg.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )