SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    STRONG, Philippa. Alleenlik Christus ... Die herstel van Jeugbediening. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-09. ISSN 2305-0853.

    In hierdie artikel word 'n vars benadering aangaande die inhoud en fokus van die Bybelse boodskap wat in Jeugbediening oorgedra word, voorgestel. 'n Christosentriese boodskap, gebou op 'n Sola Scriptura- benadering, moet as fondament in effektiewe Jeugbediening dien. Dit word gedoen om die aandag op een van die bydraende faktore tot die huidige krisis in Jeugbediening te vestig, naamlik dat gedragsveranderingstegnieke gebruik word om te poog om geestelike groei by die jeug te bevorder. Só word jongmense egter nie tot geestelike volwassenheid gelei nie. Geestelike transformasie kan slegs plaasvind deur geloof in die Christosentriese boodskap van genade en die werking van Heilige Gees in 'n mens se lewe. Hierdie artikel neem standpunt in teen die moralisasie van jongmense deur gedragsveranderingstegnieke of die verkondiging van die Wet sonder die transformerende werk van die Gees van God. Vier fasette van 'n Christosentriese boodskap om in effektiewe Jeugbediening op te fokus, word voorgestel: eerstens, die genade van God as geskenk, tweedens, die Christen se status in Christus, derdens, die boodskap van die Koninkryk van God, en laastens, die belangrikheid daarvan om aan 'n persoonlike verhouding met God te bou.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )