SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1Preaching as reframing of perspectiveA model for content analysis of sermons on poverty and to the poor as listeners índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    MCCUISTION, Paul R.; WARNER, Colin  y  VILJOEN, Francois P.. Die verwesenliking van geregtigheid: 'n Historíese en ontologiese perspektief van Matteus 3:15. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-08. ISSN 2305-0853.

    OPSOMMING Hierdie artikel betoog dat die historiese waarheid van Jesus se doop bedoel was om die geregtigheid van God, wat volledig uiteengesit is in die Hebreeuse Bybel, te versterk. Verder het die historiese gebeurtenis die ontologiese klem op die verhouding van die doop tot geregtigheid geïnisieer. Om hierdie voorstel te ondersteun, fokus hierdie artikel op Matteus se verklaring van verwesenliking (Mat 3:15). Deur spesifiek na hierdie vers binne sy konteks te kyk, ondersoek die artikel wat Matteus moontlik beplan het sodat sy gemeenskap die Christelike tradisie van geregtigheid kon begryp. Die artikel is in vier afdelings verdeel om sodoende Matteus se bedoelings te ondersoek. Eerstens word die onmiddellike konteks ondersoek wat die invloede en agtergrond van die verklaring van die verwesenliking uitwys. In die volgende afdeling word die verklaring van die verwesenliking in hierdie konteks verken. In die derde afdeling word 'n paar van die teologiese tradisies van Paulus en die kerkvaders aan die lig gebring. Ten slotte is die doopverklaring van Matteus 3:15 regstreeks aan die verhouding van reg en geregtigheid in Mattheus se fX9ov verklaring van Matteus 5:17 gekoppel.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )