SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    BRANCH, Robin Gallaher. Verwondering en blydskap: Lukas 1 hervertel vanuit die perspektief van Elisabet. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.348-357. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel, 'n wetenskaplike monoloog in dramavorm, ondersoek die gebeure volgens Lukas 1. Dit word hervertel vanuit die perspektief van Elisabet, die bejaarde vrou van die priester Sagaria. 'n Literêre metode word gebruik en die monoloog word as 'n ooggetuieverslag aangebied. Lukas 1 se hoofgebeure word vanuit 'n vroulike perspektief asook dié van ongebore babas ('gynocentric') gekontekstualiseer. As inherent deel van die jeugvertelling van Lukas 1 behoort Elisabet oorwegend in wetenskaplike artikels en preke te figureer. Dit is verrassend dat dit nie gebeur nie. In wetenskaplike leesstukke en tydens gemeentelike byeenkomste word hoofsaaklik op Sagaria en Maria, die ander twee hoofkarakters, gefokus. Elisabet is 'n miskende sleutelkarakter in die Evangelie van Lukas en daarom poog hierdie artikel om Elisabet uit te lig, eervol te erken en te analiseer. Deur dramatiese monoloog kry Elisabet die geleentheid om oor die verstommende gebeure van haar onlangse lewe te praat. Sy nooi hiermee die lesers en toehoorders uit om in haar vreugde te deel - sekerlik 'n buitengewone tema in die Lukasevangelie.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )