SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1Principles for poverty alleviation among the youth in Northern UgandaHe is risen! A play based on Acts 1:1-12 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    BREED, Gert. Metateoretiese vertrekpunte ten opsigte van wetenskaplike navorsing in gemeentebediening. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.111-120. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel is deel van 'n reeks oor die verrekening van die metateoretiese vertrekpunte in die wetenskap van Praktiese Teologie. Die eerste fase van die reeks bied die teoretiese onderbou vir die werklikheids-, hermeneuties- en wetenskapsteoretiese beskouing van die vak. Die tweede fase fokus op die invloed wat hierdie vertrekpunte op die wetenskaplike navorsing van die verskillende vakgroepe in die Praktiese Teologie het. Hierdie artikel handel oor die wetenskaplike benaderingswyse tot die navorsingsveld van gemeentebediening. In hierdie artikel word die persoonlike metateoretiese perspektief waarmee die vakgebied van gemeentebediening benader word, uitgespel en verantwoord ten opsigte van die volgende: die werklikheidsbeskouing waarmee daar op die navorsingsveld van gemeentebou gefokus word; die onderbou van die hermeneutiese beskouing wat nodig is om tot 'n verstaan te kom en tot 'n verantwoordbare verhouding tussen die elemente wat in die gemeentebouproses ter sprake kom; en ten slotte om die wetenskapsteoretiese benadering waarmee die navorsingsveld van gemeentebou op 'n wetenskaplik-verantwoorde wyse ondersoek kan word, te beskryf.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )